Pandora (mitologie)

Pandora, geskilder deur John William Waterhouse (1896)

Pandora (Oudgrieks: Πανδώρα; haar naam kan sowel "draer van alle gawes" as "skenker van alle gawes" of "albegaafde" beteken) is in die Griekse mitologie die naam van die eerste vrou, wat Hefaistos uit water en aarde gevorm het. Zeus het haar aan die sterflinge gestuur as straf nadat Prometeus vuur van die gode gesteel het om die mense uit hul ongelukkige toestand te verlos.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy